HOEKOM FAMILIE?
Ons glo dat die kerk is die plek waar ons as kinders van God saamgevoeg word in die familie van God die Vader.
Elkeen is welkom in by God en daarom ook welkom Sy familie.
Ons is Sy kinders elkeen en daarom ‘n koningkryks-familie wat leef in die huis van die Vader as mede familielede.
God stel Homself aan ons voor as ‘n Vader wat versoening bewerk en verhouding verlang met Sy kinders deur die werk van Christus aan die kruis.
Elkeen wat glo in Jesus Christus word deel van hierdie familie.
Die lokale kerk of gemeente is soos ‘n familie van gelowiges wat saam onder die liefde en genade van God leef, aanbid en werk in die omgewing, stad en wyer wêreld gelei deur die krag van die Heilige Gees.
ONS FAMILIE - DIE MOOT
Ons is ‘n Afrikaanse gemeente gesetel in die ooste kant van hierdie groot area in Pretoria.
Die Here doen ‘n nuwe werk in ons elkeen en ook deur ons saam vir Sy koningkryk in hierdie gevestigde area met so sterk kerk agtergrond en tradisie.
Mense uit verskillende kerkagtergronde word bedien en ons sien dat die Here iets nuuts doen in ons en deur ons tot Sy eer, vry van ou tradisies en kulture.
Familie is een van ons kernwaardes en daarom bestaan ons ook meestal maar nie eksklusief uit huisgesinne van 2 tot 3 generasies. Die gemeente is oral oor die Moot omgewing versprei tot so vêr as die Wilgers area.
Mense van alle ouderdomme word deel met ‘n fokus op die bediening van manne, vroue en kinders.
ONTMOET DIE SPAN
PAUL EN MARIE WILLEMSE
Hoof Pastoor Paar, Apostoliese Bediening en Berading
HANNES EN TINKA GEUSTYN
Profetiese-, Selherder en Dagbestuur Span
COBUS EN RETA ELS
Herdersbediening en Dagbestuur Span