BY SY FAMILIE KERK DOEN ONS DINGE SAAM

BID SAAM

“God does nothing but in answer to prayer” John Wesley

Gebed is die asemhaling van die gelowiges. Wanneer ons saam bid ontwikkel daar ‘n eenheid van geloof wat niks anders kan vervang nie. Dit is kosbaar en kragtig en verander ons lewens. God kies om deur die gebed van gelowiges ‘n transformasie werk in die wêreld te doen. Gebed verander ons prioriteite en fokus na dit wat op God se hart is en daarom moedig ons elkeen aan wat deel wil raak van ons gemeentefamilie om deel te raak deel van hierdie belangrike dissipline waardeur God kies om te werk in ons lewens en ook in ander. Gebed is die belangrikste werk van die kerk vir haarself en ook vir die wêreld. Kom wees deel van die een plek waar harte voor God een is en Hy ook Sy seën uitstort. 


1 Thessalonicense 5:17 “Bid sonder ophou.”

GROEI SAAM

“…en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het.” 
– Jesus Christus in Matt 28:19

“Daarom moet nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.” 
– Paulus in Efesiërs 4:17

Groei is ‘n normale deel van ons lewe op aarde. Net so is dit ook normaal en noodsaaklik dat ons as geestelike kinders van God ook groei tot volwassenheid. Daarom het ons ‘n groot fokus op kursusse en geestelike groeimateriaal en aanbiedinge wat jou kan help om altyd besig te wees om te groei en te ontwikkel sodat jy ook jou plek in God se plan kan volstaan. Ons maak gebruik van digitale media asook kontak seminare vir hierdie doel. Ons wil graag sien dat elkeen wat deel raak van ons familie eerste deur ons basiese kursusse gaan om te verstaan wie ons is en wat ons waardes en missie is. Daarna wil ons graag sien dat elkeen die fondasies van ons geloof seminaar deurgaan. Kontak ons kantoor vir meer inligting 

LEEF SAAM

Ons dien ‘n God van verhouding wat ons inbring in verhouding met Hom en mede-gelowiges. Die kerk van Jesus is ‘n plek waar ons konstant groei in beide hierdie verhoudings tot dieper intimiteit en samewerking vir die uitbreiding van die koningkryk op aarde. Ons wil graag sien dat elkeen in verhouding saamgebind is in die kerk sodat ons inspraak, ondersteuning en ‘n ‘saam leef op die missie van Jesus’-leefstyl ontwikkel tussen gemeentelede. Hierdeur bou ons ewige vriendskappe en en vertrouensbande wat die basis is van ‘n kerkfamilie.

DOEN SAAM

Gaan saam op ‘n uitreiking, doen saam iets vir ander mense of reik uit na iemand wat die Here oor jou pad bring.

Woon ons samekomste by en kuier rondom die koffietafel of word deel van ‘n span wat vrywilliglik werk in een van ons bedieningsareas.